SUID-KAAP NUUS - Die ATKV-Skryfskool, onder leiding van professor Bernard Odendaal, bied vanaf 3 tot 4 Mei vanjaar in Mosselbaai geleentheid vir skrywers aan om hul geskrewe kortverhale met teorie en beste praktyke te slyp.
Die verhale moet drie weke voor die tyd ingedien word ten einde elke skryfstuk deeglik te evalueer.
Die teorie-aanbieding en individuele terugvoering geskied die Vrydagmiddag, 13:00 -17:00. Die kursusgangers het daardie aand en vroeg die volgende oggend geleentheid om hul verhale herskryf na aanleiding van die teorie en die indiwiduele terugvoer.
Saterdag, 10:00-14:00, word benut om te luister na voorlesings van die herskrewe tekste en vir indiwiduele gesprekke oor probleme/uitdagings wat die verhaalskrywers nog met hulle tekste ondervind.
Vir meer inligting, kontak Jopie Coetzee by die Mosselbaai Skryfklub (jopie@global.co.za).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'