Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Pastore verbonde aan verskeie kerke in Pacaltsdorp het verlede week inisiatief geneem en by verskeie skole in Pacaltsdorp gaan bid.
Pastoor Allen Spies sê hulle wou graag iets spesiaals doen nadat hulle gesien het watter groot verskil dit gemaak het toe mense by hospitale gebid het. "Maar ons wou nie dieselfde doen nie, en het toe besluit om by skole te bid."
Spies sê hulle het begin by Hoërskool Pacaltsdorp, toe Dellville Park Primêr, Olympia Vaardigheidskool, Pacaltsdorp Primêr en Vrydag afgesluit by New Dawn Park Primêr.
"Die terugvoering wat ons gekry het, was ongelooflik. Skole het aangedui dat hulle al lankal so iets verlang, ook om pastore meer sigbaar te hê by skole."
Volgens Spies was die gebede, veral nou tydens die moeilike tyd, baie welkom. Hulle het by skole se hekke gestaan, hul sosiale afstand behou en gebid vir leerders, hul ouers en onderwysers.
Kyk 'n video hieronder:
Spies sê hulle het begin by Hoërskool Pacaltsdorp, toe Dellville Park Primêr, Olympia Vaardigheidskool, Pacaltsdorp Primêr en Vrydag afgesluit by New Dawn Park Primêr.
Volgens Spies was die gebede, veral nou tydens die moeilike tyd, baie welkom.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'