GEORGE NUUS - ‘n Lang ry hoopvolles het teen 09:00 vanoggend steeds voor ‘n toe hek staan en wag by die munisipale voertuiglisensiekantoor en toetsstasie in Hiberniastraat.
Teen 09:28 het heelwat mense maar tou opgegee en hul poging om lisensies te hernu laat vaar.
Dit volg nadat ‘n munisipale kennisgewing gistermiddag versekering gegee het dat dié afdeling vanoggend om 08:00 oop is om kliënte te bedien.
Die kantore was vroeër gesluit weens Covid-verwante maatreëls. Die George Herald se ontvangsdame het talle oproepe oor die chaos ontvang. ‘n Onderneming se drywer het aan George Herald vertel dat daar drie personeellede binne die gebou was, maar gesê het hulle gaan nie oopmak nie, want hulle is te min amptenare om al die wagtende mense te bedien.
Die munisipaliteit het intussen 'n kennisgewing uitgereik, lees dit hier: MVR office have limited cashiers due to Covid
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'