Gallery
GEORGE NUUS - Groenkloof-inwoners het op Dinsdag 28 Junie geleentheid gehad om 'n wye verskeidenheid van inligting oor gesondheid in te win tydens 'n spesiale welstandsprogram en -uitstalling by die aftreeoord se gemeenskapsaal.
Die dag is aangebied deur Groenkloof Restaurant.
Inwoners kon luister na insiggewende praatjies oor gesondheid en uitstallings besoek waar meer inligting oor gesondheidsprodukte en -dienste beskikbaar was. Pryse is ook deur die dag uitgedeel.
Inwoners kon verder registreer vir die aflewering van hul chroniese medikasie, 'n oogdruktoets laat doen, hul bloeddruk en selfs hulle gehoor laat toets.
Daar was ook kundiges soos spraak-, arbeids- en fisioterapeute en 'n pastorale narratiewe terapeut wat 'n praatjie oor trauma aangebied het.
FOTOGALERY: Spesiale geleentheid vir Groenkloof-inwoners
Volgens die hooforganiseerder, Erica Gruber, mede-eienaar van die restaurant, wil hulle die welstandsprogram kwartaalliks herhaal met verskillende temas waar gefokus word op spesifieke siektetoestande soos byvoorbeeld diabetes.
Sy sê inwoners neem graag deel aan 'n verskeidenheid weeklikse aktiwiteite soos die weeklikse sportdag en markdag, kuns- en pottebakkersklasse, lyndans en vele meer.
"Die mense kuier op hierdie manier heerlik saam met hul vriende en nuwe vriendskappe word gesmee."
Heilet Oosterhuis het 'n oortoets laat doen by Irené Howard (links) en Anneke van Wyk van die Oorinstituut in George. Foto's: Alida de Beer
Terapeute was onder die uitstallers wat inligting aan inwoners verskaf het. Van links is Elmarie Louw Lizelle Rheeder, Elgene Moss, Christi Gresse, Semona Diener en Carin Retief. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'