Update
GEORGE NUUS - Die moordverhoor van Graham Fillies (37) van New Dawn Park, wat in Desember 2017 vermoor is, het Woensdag in die George-streekhof begin.
Fillies is die Vrydagmiddag van 1 Desember 2017 omstreeks 14:00 na bewering deur 'n groep mans in 'n lokval gelei waarna hy met gholf- en hokkiestokke aangerand is.
Hy het later die aand in die hospitaal aan sy wonde beswyk.
Agt verdagtes, Johnathan Boesak (35), Hayward Botha (34), Daniel Bruiners (44), Mertle Damons (33), Ryno Joubert (36), Remano Matolla (33), Ricardo Williams (37) en Adrian Jantjies (31) is kort na die voorval in hegtenis geneem.
Klagtes is in tussen voorlopig teen Damons, Matolla en Williams teruggetrek.
Die ander vyf beskuldigdes verskyn vandag weer in die hof.
Fillies se vriendin, Chevontre Lourens, het vroeër die week haar getuienis gelewer.
Verdere getuienis volg vandag.
Lees vorige artikels:
- 8 Verdagtes in hof vir moord
- Verdagtes steeds in aanhouding
- Verdagte kersfees agter tralies
- 3 moorde in 24 uur
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'