Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Ettienne Buys se huis by Victoriastraat 17 trek al vir etlike jare besoekers wat hulle kom verwonder aan sy versameling Kersliggies. Hy voeg elke jaar iets nuuts by of as 'n stel liggies breek, moet dit vervang word.
Dit neem weke om die krag aan te lê en te sorg dat elke liggie en versiering op sy plek is.
"Dis harde werk. Oom Johan van Greunen van Merrimanstraat is my inspirasie. Ons gesels graag met mekaar oor wat ons het."
Wanneer hy sekere versierings nie plaaslik kan kry nie, gaan soek hy dit elders. "Vanjaar het ek oorgery Oudtshoorn toe om versierings wat ek nie in George kon kry nie daar te gaan koop," sê hy.
'n Motoris wat verbyry, laat weet waarderend, "Mooi gedaan!"
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nutuste George, Tuinroete nuus'