GEORGE NUUS - Saterdag 23 September lei alle kindervoetjies na Kontrei Padstal / Sasol N2.
Ons het besluit om die jongspan 'n dag van hulle eie te gee. 'n Entrepreneursdag vir kinders word aangebied.
Die jongspan tussen 5 en 16 jaar oud gaan die geleentheid gegee word om sy of haar eie stalletjie op te sit en te beman.
Die stalletjiehouers gaan gratis spasie kry om hulle produkte te verkoop. Dit is 'n dag waar ons jongspan kan leer van Entrepreneurskap en natuurlik 'n sakgeldjie so voor die skoolvakansie.
Van die stalletjies wat reeds bevestig het is onder andere: Sandkuns, kerse, sleutelhouers, koekies, malvapoeding, jellie, tombola, hamburgers, pannekoek, koeldrank, springmielies, spookasem, slush puppies, kolwyntjies, speelgoed, boeke, roomys en nog vele meer verkoop.
Die kinders gaan iets vir almal op die tafels hê.
Daar gaan heerlike aktiwiteite wees soos springkastele, ponieritte, vierwielmotorfietsritte, treinritte, Experi-maatjie, Monkeynastix, Suid-Kaap-gholf, jong ingenieurs, gesigverf, vele meer.
Demonstrasies gaan gelewer word deur George-brandweer, waar 'n redding van insittendes uit 'n motorwrak nageboots gaan word. Ook sal 'n poppekasvertoning aangebied word.
Die musiek sal verskaf word deur Private Planet Music Academy en Lilly van Liekieland verskaf word. 'n Skoonheidskompetisie vir kinders tussen 2 en 16 jaar gaan ook aangebied word met groot pryse.
Dit gaan 'n groot bederfdag wees vir ons kinders en grootmense, wat ons hoop om 'n jaarlikse instelling te maak.
Die verrigtinge sal teen ongeveer 9:00 begin en sal heeldag duur. Om by Kontrei Padstal te kom - neem N2 rigting Wilderness, by verkeersirkel by ou Radermachers is die pragtige Sasol-garage links, dit is waar die kinders se dag van speel is.
Vir verdere inligting en navrae skakel Wanda de Villiers by 044 889 0097 of 071 672 2873 gedurende kantoor ure.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'