Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Inwoners wat geduldig tot vandag, 30 Maart, vir hul salaris en toelae moes wag alvorens hulle inkopies kon doen, staan tans in 'n ry met 'n drie ure wagtydperk voor Shoprite se deure in die middedorp.
Diegene wat die voorste punt bereik word met handreiniger gespuit.
Alhoewel 'n beampte voortdurend kliënte van die 1,5m spasie herinner, is dit haas onmoontlik om dit binne die omstandighede uit te voer.
Die ry van etlike meters krul om die ganse parkeerterrein. Een van die kliënte wou slegs haar DSTV lisensie betaal.
Kyk 'n video hieronder:
Inkopiegangers by Shoprite.
"Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'