GEORGE NUUS - George-sanger, Naelon Andrews wat sosiale media laat gons het toe sy spontane sang in 'n straat in George op video vasgelê is, se eerste enkelsnit is pas vrygestel.
Nadat die video wat Jessica Basson van hom in April vanjaar op sosiale media geplaas het honderde duisende kyke gekry het, is Andrews 'n week later 'n platekontrak deur Universal Music aangebied.
Basson het hom voorgekeer toe sy hom in die straat hoor sing het terwyl hy verby hul kantore in Merrimanstraat gestap het. Sy het hom gevra om vir haar en haar kollegas te sing, hom opgeneem en op Facebook gedeel. Hy het sy kitaar by hom gehad.
Sy enkelsnit is die gospelliedjie, Rooftops wat oorspronklik deur Jesus Culture gesing is.
Andrews is opgewonde oor 'n album waaraan hy nou werk waarop van sy eie musiek opgeneem sal word. Hy kan vir vertonings bespreek word.
Lees 'n vorige artikel: Naelon Andrews teken platekontrak
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'