Gallery Video
GEORGE NEWS & VIDEO - Tamboeryne, klokkies, driehoeke en tweetoon-blokke. Dit is waarmee die slagorkes van George Preprimêr 'n A-dubbelplus vir hul eisteddfod-vertoning by die George-kunsteteater verower het.
Die kleinspan het op die ritme van Strauss se Radetsky Mars, Minuet in G van J S Bach, Punch & Judy (Mancini) en Offenbach se Can-Can, 'n bobaasvertoning gelewer.
Skoolhoof Rika van der Merwe, was die dirigent.
Almal het 'n kans gehad om vanaf die verhoog vir ma en pa in die gehoor te waai.
Die beoordelaar Philippus Hugo, van Greyton, was mateloos beïndruk met die kleinspan en het gevra vir 'n encore van Can-Can, waarmee hulle afgesluit het.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'