GEORGE NUUS - Daar is Sondagoggend, 31 Mei, onder vreemde omstandighede in die NG Kerk Denneoord van ds. Gideon en Annelene Volschenk afskeid geneem.
Ds. Gideon was die afgelope 33 jaar deel van die Denneoord-gemeente, hy het sy emeritaat van die ringvoorsitter, ds. Anton Louw ontvang.
Die dagbestuur het die geleentheid verteenwoordigend van NG kerk Denneoord-gemeente bygewoon. Ds. Gideon en Annelene word seën toegewens met hierdie nuwe lewensfase.
Die gemeente sal op 'n latere geleentheid 'n volwaardige afskeid reël.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'