GEORGE NUUS - Drie mense is verlede Saterdagoggend lig beseer nadat 'n vragmotorbestuurder, wat vanuit die Outeniquapas na George onderweg was, beheer oor sy voertuig verloor het.
Die ongeluk het in die omgewing van die verkeersirkel oorkant Engen George Eco Stop-vulstasie in CJ Langenhovenweg (naby Heatherpark Super Spar) plaasgevind.
Motoriste moes vir ure van alternatiewe roetes gebruik maak, of geduld beoefen terwyl hulle wag vir 'n ry-beurt.
Die vragmotor het 'n wit Audi van agter getref, en daarna in 'n rivierloop langs die pad beland. Beide voertuie het in dieselfde rigting beweeg.
Die motor se agterkant is erg beskadig en 'n groot naambord het ook in die slag gebly. Die remme van die vragmotor het vermoedelik onklaar geraak.
Volgens inligting is die bestuurder van die vragmotor by die provinsiale hospitaal behandel en die bestuurder en passasier van die Audi (beide Kapenaars), is na Mediclinic George geneem. ER24- en Metro nooddienste was op die toneel.
Die vragmotor het 'n wit Audi van agter getref, en daarna in 'n rivierloop langs die pad beland. Beide voertuie het in dieselfde rigting beweeg.
Die ongeluk, waarin drie mense lig beseer is, het oorkant Engen George Eco Stop-vulstasie in CJ Langenhovenweg plaasgevind.
Die vragmotor het die agterkant van die wit Audi getref.
Die vragmotor het 'n wit Audi van agter getref, en daarna in 'n rivierloop langs die pad beland. Beide voertuie het in dieselfde rigting beweeg.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'