Update
GEORGE NUUS - As voorloper tot hul protesoptog verlede Vrydag, 7 Oktober, het die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) 'n opruiende verklaring op hul Facebook-blad geplaas (Donderdag 6 Oktober), met spesifieke verwysing na George-munisipaliteit se munisipale bestuurder, dr. Michele Gratz, en die munisipaliteit self wat hulle as 'n "spesiale projek" wil hanteer.
Samwu se provinsiale sekretaris, John Mcanjana, het beweer dat die betrokke verklaring ook aan George-munisipaliteit gestuur is, maar dit is volgens die munisipaliteit nie die geval nie.
In 'n sterk bewoorde verklaring kritiseer Samwu George-munisipaliteit se bestuurstyl en administrasie, wat hulle aanvoer 'n negatiewe impak op dienslewering veroorsaak.
Hulle kritiseer ook die George-raad ten opsigte van beweerde verkwisting van belastingbetalers se geld. Samwu versoek ook in hul skrywe die onmiddellike skorsing van die munisipale bestuurder.
Terugvoer van George-munisipaliteit lui dat die verklaring nie amptelik deur die kantoor van die munisipale bestuurder ontvang is nie en dat dr. Gratz ook nie genooi is om die verklaring na afloop van die optog, wat geëindig het by die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, in ontvangs te neem nie.
Dr Gratz het in reaksie op Samwu se vae verklaring en aantygings die volgende terugvoer gegee:
"'n Aantal foutiewe bewerings oor die munisipale bestuurder en 'n persepsie van swak dienslewering deur die administrasie van George-munisipaliteit word in hierdie verklaring deur Samwu geskep.
"In 'n ongekende stap, wil ek graag die breë publiek verwittig van die ware feite en ook die moeilike posisie waarin die munisipaliteit hom tans bevind. Die Samwu-brief kom ten tye van waninligting en skynbare teenkanting van binne die organisasie asook beweerde fisiese dreigemente teen senior personeel wat tans optree teen wanadministrasie.
"Let asseblief daarop dat slegs sake wat nie onderhewig is aan vertroulikheidsklousules nie, hier aangespreek sal word. Sekere stellings is te vaag om op te kan reageer."
Belangrike punte
1) Ek het in Januarie 2021 diens aanvaar as munisipale bestuurder. George-munisipaliteit was 'n organisasie in krisis gedompel met min stelsels of prosesse in plek. Daar was honderde vakatures wat kritiese poste ingesluit het, minder as 60% van die kapitaalbegroting is bestee, befondsing vanaf die nasionale regering is verloor as gevolg van swak besteding en 'n algemene kultuur van swak dissipline het geheers.
2) Die omdraai-strategie is soos verwag, deur sekere mense met teenkanting begroet. Die breë publiek is wel deeglik bewus van die verbeterings, veral as dit kom by kapitaalprojekte en suksesse soos die BFI projek ter waarde van R1,107 miljard vir water- en rioolprojekte; hernubare energie projekte en die opgradering van verskeie paaie. Die spandering op die kapitaalbegroting het dus verbeter tot by 96% in die vorige finansiële boekjaar.
3) Tans is daar omtrent 1 500 personeellede in diens van die George-munisipaliteit waarvan daar slegs 36 (op alle posvlakke) in dissiplinêre verhore betrokke is. Dit wil sê, net oor 2% van die totale werksmag. Die klagtes moet nie as onbenullig beskou word nie en sluit aanranding, seksuele teistering, vervalste reiseise, diefstal, oneerlikheid, afwesigheid en nalatigheid in.
4) As munisipale bestuurder, is dit my wetgewende plig om 'n goed gedissiplineerde, pligsgetroue werksmag te verseker wat 'n hoë standaard van dienslewering kan verseker. Dit moet beklemtoon word dat die meerderheid van ons amptenare hardwerkend, bekwaam en toegewyd is. Deur die nodige veranderingsbestuur en gebeurlikheidsbestuur toe te pas, is dit duidelik dat die meerderheid amptenare dankbaar is vir die orde, stabiliteit en struktuur wat nou in plek is.
5) In lyn met my wetgewende plig as munisipale bestuurder, is twee dissiplinêre uitsprake op hersiening na die Arbeidshof geneem nadat onafhanklike regsadvies ingewin is. Die erns van die aanklagte het dit genoodsaak aangesien daar in een saak slegs 'n waarskuwing gegee is, alhoewel die amptenaar omkoopgeld van R20 000 ontvang het. Die tweede saak gaan oor diefstal van munisipale eiendom deur 'n amptenaar wat duidelik op video vasgevang is. Ek as munisipale bestuurder, saam met my bestuur, sal nie diefstal, omkopery en korrupsie duld nie en het dit dus goedgedink om die uitsprake aan te spreek. Hierdie is nie onbenullige of treiterende (frivolous and vexatious) dissiplinêre aksies nie.
6) Samwu beweer dat hulle 'bewyse van wanadministrasie klagte teen die munisipale bestuurder het'. Daar is geen bewyse dat sulke klagtes gerapporteer of gestaaf is nie, in terme van wetgewing en beleide deur die raad goedgekeur nie.
7) Die eis dat ek geskors moet word is treiterend (vexatious) en weerwraak omdat ek my wettige verpligtinge as munisipale bestuurder nakom en veranderingsbestuur toepas om dienslewering te verbeter.
8) 'n Werkswinkel is met beide vakbonde gehou om die Werwings- en Keuringsbeleid te bespreek voordat die raad dit goedgekeur het. Die aanspreek van tekortkominge in werwingsprosesse is deel van die omkeerstrategie wat deur die huidige bestuur geïmplementeer word. Daar kan bygevoeg word dat alle aanstellingstelsels nou geoudit word voordat 'n aanstelling gemaak word.
9) Bestuur poog om gereeld vergaderings met beide vakbonde te hou om ander sake te bespreek; dit sluit in die geïmplementeerde tyd- en bywoningstelsel, die voorgestelde implementering van 'n skofstelsel om dienslewering te verbeter en oortydskoste te besnoei asook 'n gevaartoelaag vir personeel wat tydens die Covid-pandemie gewerk het. Opvolgvergaderings kon herhaaldelik nie plaasvind nie, omdat vakbondverteenwoordigers nie beskikbaar was nie.
10) Samwu is ten volle ingelig oor die aanstellingsproses wat gevolg is om 'n diensverskaffer aan te stel om die ondersoeke na onreëlmatighede te behartig soos versoek deur die LUR van Plaaslike Regering, Anton Bredell in 2020. Die proses het plaasgevind voor die aanvaarding van diens van die huidige bestuurspan en in oorleg met 'n raadsbesluit. Hierdie inligting is aan Samwu in 'n vergadering op 13 September 2022 oorgedra.
Goeie bestuur noodsaaklik
"Ter afsluiting, die Nasionale Tesourie het aangedui dat 43 munisipaliteite in Suid-Afrika in duie gestort het en dat nog 151 op die rand van ineenstorting is. Swak regering, swak bestuur en 'n gebrek aan kundigheid en ongedissiplineerde amptenare is die hoofrede vir hierdie skokkende toestand in plaaslike regering.
"Die George-munisipaliteit kan nie deel word van hierdie statistiek nie. Ek, as munisipale bestuurder, saam met my bestuur, is verbind tot goeie arbeidsverhoudinge, maar nog meer, is ons verbind tot die inwoners van George. Bestuur neem ons grondwetlike mandaat ter harte en sal nie ongegronde en onakkurate bewerings duld nie en sal ook nie skroom om aksie te neem waar nodig nie.
"Ons versoek ons personeel asook die publiek om enige korrupte aktiwiteite of bedrog aan te meld deur die gepaste kanale. Ons is daartoe verbind om George die nommer een munisipaliteit in die land te maak sodat ons die dienste kan lewer wat die inwoners van George verdien."
Read Dr Gratz's statement in English:
Municipal Manager Dr Michele Gratz responds to an inflammatory statement issued by Samwu, which was posted on Samwu's Facebook page last week:
"As indicated on Friday 7 October 2022, the referred to statement has to date not been formally received by the Office of the Municipal Manager.
"A number of inaccurate allegations are made about the Municipal Manager and a perception of poor service delivery against administration of George Municipality is created by Samwu within this statement. In an unprecedented step, I wish to provide the broader public with the factual truths and predicaments within which the municipality finds itself. The Samwu letter comes at a time of disinformation and apparent resistance from within the organisation and alleged physical threats to senior staff members who are dealing with acts of maladministration.
Please note, only those issues not subject to confidentiality clauses are responded to. Certain statements are so vague they cannot be responded to.
The following is to be noted:
1. When I assumed duties as Municipal Manager in January 2021, George Municipality was an organisation in crisis with few systems and processes in place, several hundred vacancies which included critical positions, less than 60% of annual capital budget spent, national grant funding was being lost due to poor performance and an overwhelming culture of ill-discipline prevailed.
2. The turn-around strategy has been met with resistance by some, as expected. However, the broader public is aware of the improvements, notably the upswing in capital projects and successes such as the BFI project valued at R1 107-billion for water and sewerage projects; renewable energy projects and numerous road upgrades. This has led to a capital budget expenditure improvement to 96% for the last financial year.
3. George Municipality currently employs about 1 500 staff members, of whom 36 (at all levels) are currently facing disciplinary action. This equates to just over 2% of the staff component. The charges faced are not frivolous and include assault, sexual harassment, fraudulent travel claims, absenteeism, theft, dishonesty and dereliction of duty.
4. As Municipal Manager, it is my legislative duty to ensure a well-disciplined and competent staff component to guarantee a high standard of service delivery. It must be highlighted that the majority of our officials are hard-working, competent and committed. Through the necessary change and consequence management, it can be seen that the vast majority of officials are grateful for the order, stability and structure now in place.
5. In keeping with my legislative duty as Municipal Manager, two disciplinary outcomes have been taken on review to the Labour Court after independent legal advice was obtained. The serious nature of the charges clearly necessitate this, as in one instance only a warning was given, where the official in question received a R20 000 bribe. The second charge deals with theft of municipal goods by an official, which is clearly depicted on video. As Municipal Manager, I together with my management, will not tolerate theft, bribery and corruption and as such deemed it necessary for the outcomes to be addressed. These are not frivolous or vexatious disciplinary actions.
6. Samwu states that they have “proven maladministration charges against the Municipal Manager”. There is no proof of such charges having been reported or substantiated in terms of legislation and Council-approved policies.
7. The call for me to be suspended is vexatious victimisation and is retaliation against me implementing my legal obligations as Municipal Manager as well as the change management to improve service delivery.
8. A workshop was held with both unions on the Recruitment and Selection Policy prior to Council approval. Addressing shortcomings in recruitment processes is part of the turnaround strategy being implemented by the current management as alluded to above. In addition, all of the appointment processes are now audited prior to appointments being made.
9. Management holds or attempts to hold regular meetings with both trade unions to address their other concerns including, inter alia, the implemented time and attendance system; the suggested implementation of shift schedules which would improve service delivery as well as reduce overtime costs; and danger pay demands for officials who worked during the Covid pandemic. Follow-up meetings have been unable to take place due to shop stewards repeatedly not being available.
10. Samwu has been fully informed of the facts with regard to the appointment process followed for a service provider to address investigations into irregularities as requested by the MEC for Local Government, Anton Bredell in 2020. This process occurred prior to the tenure of the current senior management and in accordance with a Council resolution.
This information was relayed to Samwu during a meeting on 13 September 2022.
"In closing, National Treasury has indicated that 43 municipalities throughout South Africa have collapsed, and 151 are on the brink of collapse. Poor governance, weak administration and a lack of skilled and disciplined staff are the primary causes of the shocking state of local government.
George Municipality cannot become a part of those statistics. I, as the Municipal Manager, together with Management, am committed to sound labour relations, but more importantly we are committed to the residents of George.
Management takes our constitutional mandate to heart and will therefore not tolerate unsubstantiated and inaccurate allegations, and more so, not hesitate to take action where necessary. We ask of our employees and of the greater public to report any corrupt and fraudulent activities through the appropriate channels. We are committed to making George the number one municipality in the country so that we can render the services which all the residents of George deserve."
Samwu se protesoptog verlede Vrydag 7 Oktober in Nelson Mandela-boulevard was deel van die unie se nasionale bewusmaking oor arbeidspraktyk en beweerde ongerymdhede by munisipaliteite landswyd. Die optog het plaasgevind op Wêrelddag vir Ordentlike Werk (World Day for Decent Work). Foto: Michelle Pienaar
Previous articles:
'We bring you the latest George, Garden Route news'