GEORGE NUUS - Persone wat deur ‘n egskeiding gaan, vervreemd is of in ‘n gebroke verhouding is, word genooi om die DivorceCare-kursus by te woon wat afskop met ‘n inligtings- en registrasieaand op Dinsdag 9 Maart.
Die program duur van 18:30 tot 20:30. Die registrasiefooi is R175, wat die DivorceCare-werkboek insluit.
DivorceCare is 'n weeklikse seminaar/ondersteuningsgroep wat mense help om die emosionele trauma te verwerk wat veroorsaak is deur egskeiding of vervreemding van 'n lewensmaat. Dit vind plaas in ‘n veilige, omgee-omgewing en word aangebied deur fasiliteerders wat verstaan waardeur geskeide persone gaan.
Die kursus bestaan uit 13 onderwerpe wat insluit 'Hoe om te deel met woede/eensaamheid/hartseer en depressie, finansiële en regskwessies, konflik, en meer.
“DivorceCare verander mense se lewens en gee aan hulle die vaardighede om weer hoop te kan ontdek en genesing te ervaar,” sê Marianne Schwartz, een van die fasiliteerders.
Vir meer inligting en om te registreer, kontak Marianne (072 923 3383) of Soteria Gemeente (044 874 1842).
Belangstellendes kan ook aanlyn bespreek by www.divorce.org onder 'Soek 'n groep'.
As gevolg van Covid-19-regulasies is slegs beperkte plekke beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'