Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daar is groot opgewondenheid vandag by Conville Primêr waar die 6ASIDE FOOTY CHALLENGE- toernooi plaasvind.
Seuns in die ouderdomsgroepe o. 10, o.13 en o. 15 neem aan die sokkertoernooi deel.
Vandag is die eerste ronde.Later vandeesmaand vind die eindronde plaas. Dis byna soos gewone sokker, maar spanne bestaan net uit ses lede elk.
Spanne in die o. 10-afdeling speel 20 minute en die o.13 en o. 15 speel 30 minute.
Dit word gesien as deel van jeugontwikkeling. Brandon Adams, burgemeesterskomiteelid en Benmer Madumane, 'n gemeenskapsleier, is daarby betrokke. Adams in sy persoonlike hoedanigheid is die hoofborg.
VIDEO - Benmer Madumane, een van die organiseerders van die toernooi(Video:Eugene Gunning).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'