GEORGE NUUS - Christo van Aarde (55) van Denneoord word sedert gisteroggend om 11:00 vermis. Hy het in die berg gaan stap, maar nie teruggekeer nie.
Hy het nie sy selfoon of beursie by hom nie.
Hy was blykbaar 09:00 gisteroggend by die botaniese tuin gesien besig om koffie te drink. Daarna is hy huis toe en het omstreeks 11:00 gaan stap.
Indien enigiemand weet waar Christo is moet hulle sy vrou, Lynette, by 082 722 1752 of 072 757 2759 skakel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'