GEORGE NUUS - Die Tuinroete-dierebeskermingsvereniging (DBV) het Saterdag 26 Augustus, Ei-Lermo Erasmus se 15de verjaarsdag 'n baie spesiale dag gemaak.
Ei-Lermo van Borcherds het onlangs sy driejarige teefhond, Roché, tydens 'n noodlottige aanval deur Amerikaanse veghonde, verloor. Lees 'n artikel hier.
Twee personeellede Guizela Gelderblom en Dawn Meyer het vir Ei-Lermo sakgeld gegee, en hondekos van die DBV. Die gawe seun is ook bederf met 'n rit op Call, die wit perd wat in die DBV se skut was, voordat hy saam met sy eienaar weg is.
Volgens Gerda Reynders, inspekteur en opvoedingsbestuurder van die DBV, het Ei-Lermo sy verjaarsdag by die DBV geniet. Reynders sê ook dat Ei-Lermo herstel na die wanhopige voorval op Maandagoggend, 21 Augustus.
Reynders bevestig dat die DBV nog op soek is na die eienaars van die veghonde, wat na die voorval, gevlug het.
Ei-Lermo is bederf met 'n rit op Call, die wit perd wat in die DBV se skut was, voordat hy saam met sy eienaar vertrek het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'