Update
GEORGE NUUS - Daniël Williams, die bekende straatmusikant wat daagliks voor die Spar in Wellington Square optree, het 'n splinternuwe Fender-kitaar en kitaarstaander van 'n goedhartige aanhanger ontvang.
Dit het onlangs aan die lig gekom dat sy vorige kitaar tydens 'n windvlaag skade opgedoen het.
Herman Pienaar van Georgiete Staan Saam het 'n versoek op sy Facebook-blad geplaas en binne minute was Williams nie een nie, maar twee kitare ryker.
Sy musiek verhelder steeds enige herfsoggend in George.
Vorige artikel: Daniël, Youtube en sy proppie-sax
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'