Sy het die gaste vertel van al die trauma van die beenmurgoorplanting waardeur sy is. Alouise het saam met haar sussie Liandre, vertel hoe belangrik die liefde en ondersteuning wat hulle van familie tydens daardie tyd ontvang het, was.
Die tema van die aand se gasspreker, Hetta van Niekerk, was 'Familie is 'n geskenk van God'.
Sy het veral op die rol van oumas gefokus en gesê oumas het meer tyd tot hulle beskikking as ouers wat soveel druk daagliks moet hanteer, en kan dus 'n ondersteuningsrol in hul kleinkinders se lewens inneem. Oumas het ook jare se ondervin-ding en wysheid en kan as onderhandelaars in konfliksituasies optree.
Hulle is die draers van die familiegeskiedenis en hou al die mooi herinneringe en tradisies lewendig. "Hulle is 'n hawe van veiligheid in 'n onsekere wêreld. Oumas moet liefde en omgee leef, maar nog steeds hul kinders emosionele ruimte gun en hul grense respekteer," het sy gesê.
Dames Aktueel se voorsitter, Magdaleen Smook, het 'n tjek van R10 000 aan Schalk Theron, hoof van Laerskool Vorentoe in Groot-Brakrivier oorhandig. Dit was die wins van Vrouedag in September en sal aangewend word vir behoeftige leerlinge.
Marietjie Kelbrick gee Alouise Campher 'n drukkie nadat sy haar storie vertel het.
Hetta van Niekerk, sielkundige, het oor die rol van oumas in die familie gepraat.
Artikel verskaf deur Louie Meyer.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'