GEORGE NUUS - Minstens een huis in Denneoord het deurgeloop gedurende 'n hewige stormwind gisteraand (Donderdag 31 Mei) toe 'n reuse kameeldoringtak 'n gat in die dak geval het.
Nog families is vanoggend werk toe na 'n rustelose nag weens die rukwinde wat die oorhand gehad het.
In Thembalethu en Denneoord was daar vir 'n kort wyle kragonderbrekings, maar beide is intussen herstel.
Volgens Athane Scholtz, media skakelbeampte van George-munisipaliteit, is daar tot dusver nog nie ernstige gevalle by die owerheid aangemeld nie. Die na-uurse nommer vir alle noodgevalle is 044 801 6300.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'