Dit was die woorde van George se uitvoerende burgemeester, mnr. Charles Standers na ANC-lede die amptelike sooispit van die Opgradering van Informele Nedersettings-program (OINP) in Thembalethu 'ontwrig' het.
By die aankoms van Bonginkosi Madikizela, minister van menslike nedersettings tydens die sooispit in Thembalethu, het 'n groep van ongeveer 200 ANC-ondersteuners en raadslede begin sing en dans. Die sooispit wat deur Madikizela waargeneem is, is vir 'n paar minute ontwrig as gevolg van die protesoptrede.
Na orde herstel is, het die minister na die ANC-lede se klagtes rakende behui-sing geluister en hulle die versekering gegee dat hy daaraan sal aandag skenk.
Standers het die afgelope Maandag gesê: "Die sooispitgeleentheid is die begin van nuwe verwikkelinge in die voorsiening van behuising vir inwoners van Thembalethu en ook tekenend van die raad se doelgerigtheid tot dienslewering. Dit is egter betreurens-waardig dat raadslede wat dienslewering in die raadsaal bepleit, hulle skaar by doellose, afbrekende en niksseggende optrede soos die ontwrigting van die sooispitseremonie."
Volgens Standers was dit 'n betreurens-waardige verskynsel. "Hierdie optrede is weereens 'n bewys van die opposisie se pogings om dienslewering in die wiele te ry. Die DA beheerde raad sal egter nie daal tot op 'n soortgelyke vlak of in oppervlakkige politiekery waar effektiewe dienslewering op die altaar geplaas word nie."
Standers het die versekering gegee dat die fokus van die regerende party altyd op verbeterde en meer doelgerigte dienslewerings-trategieë sal wees.
* The George DA-led government on Monday said they will stay focused on delivering high quality services to the community and won't be intimidated by people who want to disrupt their good governance.

ANC-raadslid Piet van der Hoven stap met sy arms omhoog tydens die ANC se protesoptrede in Thembalethu.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS