GEORGE NUUS - 'n Werknemer van die Lancewood-fabriek in George is op 14 April positief getoets vir Covid-19, twee dae nadat hy 'n daaglikse siftingstoets geslaag het en geen simptome getoon het nie.
Dit is die 14de geval van Covid-19 in George tot en met Dinsdagmiddag, 21 April.
Cornel Lodewyks, 'n Lancewood-woordvoerder, het gesê alle werknemers word aan 'n daaglikse siftingstoets onderwerp waar hulle vrae ten opsigte van hul gesondheid moet antwoord. "Die Lancewood-sekerheidswag meet dan ook sy of haar temperatuur en sou die lesing bo 37,5 C wees, word die werknemer onmiddellik na die Lancewood-suster verwys. Op Dinsdag 14 April, voor die betrokke werknemer moes aanmeld vir werk, is hy direk na die Lancewood-suster toe weens 'n seer keel. Hy is op die suster se aanbeveling kliniek toe waar hy getoets is en onmiddellik in selfisolasie geplaas is. Lancewood is op Vrydag 17 April om 16:00 in kennis gestel van die positiewe uitslag."
Volgens Lodewyks is die betrokke skofwerkers en alle ander werknemers wat met hom in aanraking was, geïdentifiseer en in kennis gestel van die situasie. Hulle is nie op hulle skof toegelaat nie en is ook in selfisolasie geplaas.
"Ons het die departement van gesondheid ook onmiddellik in kennis gestel. Lancewood het as 'n reël baie streng higiëne-praktyke, en alle areas in ons aanleg word gereeld deeglik ontsmet. In hierdie geval is die spesifieke afdeling gestop en weer gewas en ontsmet op die twee agtereenvolgende dae, voordat produksie hervat is."
Lodewyks sê die departement van gesondheid het op Saterdag 18 April hul ontsmettingspan ingebring en weer alle gemeenskaplike areas, asook die isolasie-area, kliniek en ablusies ontsmet. "Hulle het ons higiëne-protokol nagegaan en was tevrede met die uitvoer van ons aksieplan in die fabriek. Ons is dankbaar vir die dokter en departement van gesondheid se vinnige optrede."
Sy sê werknemers en unies kry gereelde opleiding oor Covid-19 en streng higiëne-protokol. Beskermingstoerusting en ontsmettingsmiddels is aan elke werknemer verskaf, skofte is verminder en aangepas om verspreiding te verhoed en eksklusiewe Lancewood-vervoer is in plek gestel. Elke taxi is voorsien van onstmettingsmiddels en word na elke rit ontsmet onder toesig van 'n Lancewood-sekerheidswag.
Geen besoekers word op die perseel toegelaat nie. "Hierdie prosedures en ons streng daaglikse higiëne-protokol van gereeld hande was en ontsmet, klere ruil en maskers dra verseker dat ons produkte ten alle tye aan die hoogste higiëniese standaarde voldoen."
• Die George Herald het verneem die man wat positief getoets is, is 'n inwoner van Thembalethu, maar Lancewood wou dit nie bevestig nie. Die gesondheidsdepartement maak ook nie besonderhede van gevalle bekend nie.
• A staff member of Lancewood tested positive for Covid-19 on 14 April and was immediately put in self-isolation, as were all staff members who have been in contact with him. The Department of Health has comprehensively sanitised the Lancewood compound and already strict hygiene measures have been intensified.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'