GEORGE NUUS - Die Conville-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), lede van die plaaslike polisie en buurtwagte van Parkdene, Conville, Rosemoor, Proteapark, Borcherds en Le Vallia het Saterdag 19 Maart 'n gesamentlike operasie in dié gebied uitgevoer.
Volgens Wilken Wiltshire van Conville-GPF, is verskeie gevaarlike wapens tydens dié operasie gekonfiskeer en so verskeie voorvalle van aanranding voorkom.
"Die GPF en die polisie, in samewerking met die rolspelers, wil hierdeur ‘n sterk boodskap uitstuur aan diegene wat dink die woonbuurte is wetteloos. Ons gaan ons woonbuurte beskerm en bevry van die ongewenste elemente," sê hy.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'