GEORGE NUUS - Biblioteekweek is nie sy sout werd sonder 'n ordentlike spelkompetisie nie. Graad 7-leerders van Conville Primêr het verlede Donderdag kragte gemeet tydens 'n spelkompetisie by Conville-biblioteek.
Ofskoon 'n paar ander skole ook uitgenooi is, was dit op die ou end Conville se leerders wat die brawe taak op hul eie hanteer het.
Bestuurder van biblioteke in George, Rachel Williams, het gesê die geleentheid is 'n voorloper vir Funda Mzantsi, 'n nasionale kompetisie vir spelling, debat en boekresensies, wat in September aangebied word.
Van die woorde wat leerders moes spel sluit in: tournament, encyclopedia, environment, onmiddellik, blokkiesraaisel, interessant en blokkiesraaisel.
Die wenners is as volg: Gabrielle Ememameh (Engels); Nhandnla Lubisi (Afrikaans). Die naaswenners is Zjaak Botman (Afrikaans) en Ohuhle Ntanpiso (Engels).
Die spelkompetisie het in samewerking met Cape Access E-Centre plaasgevind.
Hierdie sentrum bied gratis dienste aan die inwoners van Conville. Inwoners kan skanderings maak en navorsing op die internet by Conville-biblioteek geniet.
Agter, van links is James de Waal (senior bibliotekaris), Victor Arries (Cape Access), Rachel Williams (bestuurder van biblioteke), Xolisa Kortman (beoordelaar, Thembalethu), Jennetta Rhode (Conville), Elton Snyders (Pacaltsdorp), Malibongwe Luyenge (George). Voor is Lala Dladla (Conville), Estelle van Rooyen (beoordelaar), Hazel Springfield (Conville).
Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'