Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die Conville-buurtwag in samewerking met die GPF (Gemeenskapspolisieforum), SAPD, George-raad en munisipale wetstoepassing bied vanoggend 'n bewusmakingsprogram aan oor misdaadbekamping.
Conville-buurtwagvoorsitter Rudy Lewis sê hulle het groot uitdagings in hul taak om misdaad te bekamp.
"As buurtwag maak ons reeds 'n impak deur ons sigbaarheid, maar ons het die samewerking van die publiek nodig om 'n veiliger gemeenskap te skep. Die publiek moet die SAPD en buurtwagte se vennoot raak."
Die geleentheid word gehou op die vlakkie tussen Bontrokkie- en Elsiestraat. Dit duur tot ongeveer 13:00.
Lees meer in die volgende uitgawe van George Herald, en aanlyn.
VIDEO - Conville-buurtwag hou bewusmakingsoggend (Video: Alida de Beer).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'