GEORGE NUUS - "Toe ek besef ek word 60 jaar oud, het ek depressief geraak, maar toe onthou ek dat ek eintlik 15 jaar oud is." Só het Christo van der Rheede, bekende in landboukringe, wat vandag op 29 Februarie verjaar, vroeër die week tong in die kies vertel.
Hy is een van daardie mense wat tegnies eintlik net elke vier jaar verjaar. Van der Rheede is op 29 Februarie 1964 op die sendingsdorpie, Goedverwacht in die Kaapse Sandveld gebore.
Omdat Februarie slegs elke vier jaar 29 dae het, is Van der Rheede tegnies net 15 jaar oud vandag. Hy vier sy
Van der Rheede was voorheen onder meer die uitvoerende direkteur van AgriSA en is van die begin van die maand die uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting.
Hy is die jongste van drie kinders en het twee ouer broers en 'n suster. Volgens hom het sy verjaarsdag in die verlede nogal 'n stryery in hul huis afgegee.
"My ma het altyd gesê ek is in Februarie gebore en my pa het gesê daar is nie altyd 'n 29 Februarie nie, maar wel 'n 1 Maart."
Gewoonlik is sy verjaarsdae oor twee dae, 28 Februarie en 1 Maart gevier.
"Dit het my baie plesier verskaf as ek altyd gesien het hoe verstom mense is dat ek op 29 Februarie gebore is." Dit het hom egter nooit gepla nie.
Vanjaar is dit 'n spesiale verjaarsdag want hy word 60. Hy gaan dit Saterdag saam met sy beste vriende tydens 'n geleentheid aan die Kaapse Weskus vier.
Hy woon in die Kaap en in die geheel gesien gaan dit goed met hom. "Ek het deesdae minder stres. Die landbou was altyd 'n stresvolle omgewing, maar sal my altyd na aan die hart lê."
60 Not Out! Baie geluk op jou verjaarsdag mnr. Van der Rheede. Alles wat mooi is vir jou pad vorentoe! Red.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’