GEORGE NEWS - Few institutions have crept into Georgians’ hearts the way Carpe Diem School has, and it’s not difficult to see why.
Says school Principal Elzeth Grobler: “Carpe Diem School’s unique character is founded in our learners’ special abilities. When you meet and spend time with them, you will not leave unchanged but refocused to appreciate life and live each day to the best of your God given ability, health and talents with gratitude."
"The handpicked staff’s dedication and passion to special needs education overwhelms and serves as an inspiration to work even harder to make sure this beautiful school’s legacy will stand the test of time.”
KORT GESKIEDENIS
In 1996 het ‘n inter-ministriële komitee ondersoek ingestel na die voortbestaan van Nywerheidsskole en Jeugsorgsentrums in Suid Afrika. ‘n Loodskomitee is in April 2000 gestig en in Mei het die Wes-Kaapse Onderwys Departement ‘n toekenning van R60 000 om Kruinsig Nywerheidsskool toeganklik te maak vir die nuwe OLSO skool gemaak. In Junie is Me Esme Swart en Me Leana Boonzaaier aangestel as die eerste twee onderwyseresse by die destydse Kinderkraaltjie.
Die skool het aanvanklik bekend gestaan as die George OLSO Skool (Onderwys vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes. In Engels, ELSEN of Education for Learners with Special Education Needs.)
Die naam, Carpe Diem Skool, is voorgestel deur Me Bets Coetzee. (Mnr Johan de la Rey vertel skertsend dat Kruinsig Nywerheidsskool se leuse Carpe Diem was. Hy wou baie graag iets van Kruinsig laat voortbestaan.)
Die skoolwapen, wat deur Christine Appel ontwerp is, beeld die vier pilare d.w.s die ouers, onderwysers, leerders en die gemeenskap uit. “Dum Vivimus Vivamus” (terwyl ons lewe, laat ons leef) is aangeneem as die skool se leuse.
Die skool het op 1 Januarie 2001 met 50 leerders begin. Ten tye van die onthulling deur Me Helen Zille, Minister van Onderwys in die Weskaap op 6 Augustus, het hierdie getal gegroei tot 120, waarvan 30 in die koshuis gehuisves was.
Carpe Diem Skool bedien die Tuinroete Distriksmunisipaliteit en het tans 364 leerders. Die koshuise akkommodeer 84 leerders.
GELUKWENSE
Die twee vorige skoolhoofde, Mnr Johan De La Rey (2000-2009) en Mnr Karools Hauptfleisch (2009-2019), het die skool ook gelukgewens.
“Lank leef Carpe Diem Skool!” het Mnr De La Rey gesê.
Mnr Hauptfleisch het dié gedeel. “Baie geluk Carpe Diem Skool met ‘n droom wat ‘n wonderlike 21ste verjaarsdag vier. Dit was ‘n droom van baie ouers wat gestalt gekry het in ‘n skool wat ‘n reuse behoefte was in die Suid-Kaap gevul het.”
Elzeth Grobler added, “Carpe Diem School’s unique character is founded in our learners with their special abilities that when you meet them and spend time with them you do not leave unchanged but refocused to appreciate life and live each day to your best ability with your God given health and talents with thankfulness. The handpicked staff’s dedication and passion to special needs education overwhelms and serves as inspiration to work even harder to make sure this beautiful school’s legacy will stand the test of time.”
Perhaps the school’s memorial plaque says it best:
Heaven’s Special Child:
They will not realise right away,
The leading role they’re asked to play.
But with this child sent from God,
Comes stronger faith and richer love…
'We bring you the latest George, GArden Route news'