GEORGE NUUS - ‘n Beloning van R2 000 is uitgereik vir die persoon wat ‘n geliefde Yorkie, Bonni, aan haar mensouers terugbesorg of help om Bonni met Bok en Nina van Heerden te herenig.
Bonni het op Woensdag, 5 Junie ongeveer 15:00 by die Garden Route Storage-fasiliteit in die industriële gebied agter Kloppers weggeraak.
Sy het glo in die rigting van die spoorlyn en die lughawe gehardloop en is later opgemerk in die arms van twee mans. Die Van Heerdens het haar oral gesoek en strooibiljette uitgedeel.
Hulle het ook die Tuinroete-DBV en al die diereklinieke en veeartse gekontak, maar sonder sukses. Die egpaar is bevrees dat sy dalk verkoop is.
“Ons harte is baie seer, want ons is albei in ons sewentigs en sy is soos ‘n kind vir ons. Indien iemand haar iewers gesien het of êrens opmerk, skakel ons asseblief by 082 569 1347. Ons is bereid om ‘n belonging van R 2 000 te betaal as ons haar veilig kry.”
Bonni is klein en weeg ongeveer 2,8 kg. Sy sal in Augustus agt jaar oud wees en is gesteriliseer.
“Sy is ‘n baie lewendige, oulike Yorkie. Kontak ons ASSEBLIEF. Ons harte huil…,” pleit die bedroefde Van Heerdens.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'