GEORGE NUUS - George Herald merk dat vandag se voorbladfoto, wat mense reg oor die land aangegryp het, wyd reaksie ontlok.
Die volledige foto is Woensdag, 20 September, vir die eerste keer wyd op sosiale media en in ander media gedeel.
George Herald het met die toestemming van die oorledene, Jo Hartman (93), se familie, asook die fotograaf, Tanya Rossouw, die foto gebruik. Ons verstaan dat sommige lesers die gebruik van die foto mag bevraagteken, maar ons het met respek in die situasie gehandel.
As ‘n gemeenskapskoerant neem ons nie hierdie besluite ligtelik nie en is ons jammer as sommige lesers aanstoot geneem het. Ons harte gaan uit na Jo Hartman se familie wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het en al die ander omstanders wat die traumatiese gebeurtenis meegemaak het. Dit is ‘n historiese nuusfoto, wat die omvang van die oomblik vasgevang het. – Redakteur, Lizette da Silva
GEORGE NEWS - George Herald notes that today's front page photograph, which has gripped people across the country, has sparked wide reaction.
The photograph was widely shared on social media and other media outlets on Wednesday, 20 September.
George Herald used the photo with the permission of the deceased, Jo Hartman’s (93), family, as well as the photographer, Tanya Rossouw.
We understand that some readers may question the use of the photo, but we handled the situation with utmost respect. As a community newspaper, we do not take these decisions lightly, and we apologise if some of our readers were offended.
Our hearts go out to Jo Hartman's family, who lost a loved one, and to all the other bystanders who experienced the traumatic event. This is a historic news photo, which encapsulates the enormity of the tragic moment.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’