GEORGE NUUS - Bouwerk aan die nuwe brand-weerstasie van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Tamsui-nywerheidsgebied vorder goed en as alles volgens plan verloop sal dit in Desember in gebruik geneem word.
Die amptelike terrein oorhandiging het op 1 Februarie plaasgevind.
'n Maand later is daar met die bouwerk begin.
Marlene Nqumse, 'n woord-voerder van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, het by navraag gesê die goeie reën wat die streek vanaf Februarie gehad het, het egter 'n vroeë impak op bouwerk en fondamente gehad.
Die koste vir die gebou beloop R11,6 miljoen. 'n Bietjie hulp vir die finansiering daarvan is van die provinsiale regering verkry.
Die nuwe stasie maak voor-siening vir die Tuinroete-distriksmunisipaliteit se 28 brandweerbeamptes, asook een administratiewe klerk, vier dubbel voertuigbaaie, vyf kantore, 'n ontvangsarea, 'n vergaderingslokaal, die vereiste ablusie- en stortgeriewe, 'n gimnasiumkamer en ontspannings-geriewe.
Daar is ook ruskamers.
Bouwerk aan die nuwe brandweerstasie van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Tamsui-nywerheidsgebied.
Baie belangrik is dat die gebou sekondêre geriewe insluit vir 'n spesialis sekondêre veld- en bergbrand grondspan, wat altyd beskikbaar moet wees om veld- en bergbrande te voorkom en te veg.
Die perseel sluit 'n aparte wasplek in en maak voorsiening vir vraghouers vir die stoor van produkte en toerusting.
Bouwerk aan die nuwe brandweerstasie van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Tamsui-nywerheidsgebied.
Op enige gegewe tyd, sal 13 per-soneel ontplooi kan word gedurende die somermaande en ook addisioneel 15 tot 20 spesialis sekondêre veld- en bergbrand grondspanlede. Die brandweerstasie sal die hele Tuinroete bedien, 'n gebied van 23 331 km², wat al sewe plaaslike munisipale gebiede insluit.
Die mikpunt is om die perseel op 14 Desember in ontvangs te neem en om op 15 Desember 'n amptelike opening te hou.
Plaaslik gevestigde maatskappye, Kantey & Templer as konsulterende ingenieurs en Khubeka Construction as boukontrakteur, bestuur en implementeer die projek.
Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit het nog nooit 'n eie permanente brandweerstasie besit nie.
Bouwerk aan die nuwe brandweerstasie van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Tamsui-nywerheidsgebied. Foto's: Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’