GEORGE NUUS - George-brandweer is op die toneel in Kerkstraat Pacaltsdorp waar 'n brand in een van die woonstelle agter Pacaltsdorp Superette uitgebreek het.
Een woonstel is erg beskadig en nog een het rook en waterskade.
Niemand is beseer nie.
Die plaaslike verkeer het die pad afgesper terwyl die brandweer besig is op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'