Video
GEORGE NUUSFLITS EN VIDEO - Rou riool het gisteraand, Maandag 30 Oktober, omstreeks 20:00 begin uitborrel en oorloop by 'n kombuisdrein aan die buitekant van 'n Rosedale-inwoner se huis.
Johanna Coetzee, die eienaar, het die George-munisipaliteit dadelik in kennis gestel, maar tot op hede was daar nog niemand om dit te herstel nie.
Die riool vloei oor haar erf op die hoek van Genesisstraat en Eve Crescent, en in 'n stormwaterdrein in.
Die stank is onuithoudbaar en Coetzee se netjiese tuin is nou 'n gesondheidsrisiko.
'n Navraag is pas aan die munisipaliteit gestuur en die George Herald wag op terugvoer.
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'