GEORGE NUUS - Werksoekers van Borcherds was tevrede om verlede Donderdag in 'n ellelange tou te staan sodat hulle op 'n databasis van die departement openbare werke kan registreer.
Persone wat geregistreer is kan in aanmerking kom vir projekte deur die uitgebreide openbare werke-program (EPWP).
Die lyn van hoopvolles het amper tot in Thomasstraat gestrek, nadat Kidstop se deure omstreeks 09:00 oopgemaak het. Volgens die beamptes het 'n paar honderd mense aangemeld vir registrasie.
Wyksraadslid Mercia Draghoender was baie opgewonde oor die inwoners se positiewe reaksie. "Hierdie inisiatief behoort 'n verskil te maak, want inwoners wat nooit in aanmerking gekom het nie, staan nou net so 'n goeie kans om vir projekte in aanmerking te kom," het sy gesê. "Ons sal dit beslis weer doen."
Beamptes van links: Gavin Esau (openbare werke), Paulina Saaiman (strategiese dienste), Juanita Foster (menslike hulpbronne), wyksraadslid Mercia Draghoender en Petrus Möller (openbare werke). Foto: Michelle Pienaar
Inwoners van Borcherds het verlede Donderdag vroegoggend reeds by Kidstop in Thomasstraat in 'n lang tou gestaan om te registreer op die uitgebreide openbare werke-program (EPWP)) se databasis. Foto: Estkolita Summery
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'