GEORGE NUUS - Die George-blommeklub se geldinsamelingsfunksie om Moedersdag te vier sal op Saterdag 7 Mei gehou word.
Die verkeerde dag (Sondag) is in verlede week se George Herald aangedui.
Die welbekende blommekunstenaar Marjolijn Malan, bygestaan deur Hanlie Britz, sal Afrikaanse liedjies deur die Voëlvry-sangers met blommekuns gaan verbeeld.
Dis 'n heerlike geleentheid vir dogters en hul ma's om saam tee, verversings en demonstrasies te geniet rondom 'n gasvroutafel.
Die kaartjies is R100 per persoon. Daar gaan talle gelukstrekkings en lootjie-artikels wees.
Kaartjies is beskikbaar by Jackie Theron by 083 294 0606 of stuur 'n e-pos na jackie@etime.co.za.
Marjolijn Malan gaan 'n demonstrasie by die Blommeklub se geldinsamelingsgeleentheid aanbied.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'