Video
GEORGE - Besoekers aan die Ou Motorskou in George vergaap hulle aan al die ou juwele wat op die sportterein van die PW Botha-kollege ten toon gestel word.
Eienaars van ou rygoed is tans besig om die enjins aan die gang te kry om met die pragstukke voor die skare rond te ry.
Kinders en motorentoesiaste is ewe opgewonde oor die geleentheid. Sommiges het hul brakkies saamgebring terwyl hulle tussen die uitstalling rondloop.
Die skou is pas geopen deur George se onderburgemeester Charlotte Clarke. Die geleentheid word onder meer deur Oakhurst Insurance en die George-munisipaliteit geborg, en aangebied deur die Suid-Kaap Ou Motorklub.
Die George Herald is die trotse mediaborg. Diegene wat vandag nie hier kan wees nie, kan steeds môre 'n draai kom maak.
Kyk twee video's hieronder:
Jensen Ford V8 1935. Style: Drop Head Coupe
Besoekers bewonder n EMF 30, 1912.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'