GEORGE NUUS - Ds. Francois Mulder, 'n leraar van die NG kerk, Blanco, het twee bottels van hul Kerkuil-wyn aan George Herald se redakteur, Lizette da Silva, oorhandig as 'n dankie vir die publikasie van 'n reeks artikels oor die klein uiltjies wat gedurende die inperking in hul kerktoring uitgebroei het.
Danksy Mulder se gereelde besoeke aan die uilnes en foto's en video's wat hy met die koerant gedeel het, kon ons lesers deel in die boeiende verloop van die uiltjies se grootword tot waar hulle uiteindelik die nes verlaat het.
Die nes is op 'n stadium na 'n uilboks verskuif wat spesiaal in 'n boom op die kerkterrein aangebring is.
Mulder se vrou, Karina, se uil-waterverfskilderye het die etikette vir die wynreeks geïnspireer. Hulle seun, Roshai, het die ontwerp gedoen en dit word gedruk deur Post@George. Herold Wines maak die wyn.
Die wyn kan vir 'n skenking van R100 per bottel aangeskaf word. Daar is 'n witwyn (Roussanne/Grenache/Verdehlo), rooiwyn (Red Blend) en 'n rosé (Pinot Noir Rosé).
Die rosé (Pinot Noir Rosé) en rooiwyn (Red Blend).
Verwante artikel: Kerkuile inspireer wynprojek
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'