Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - ‘n 22-jarige verdagte van Thembalethu is vroeër vandag, Vrydag 19 Oktober, in hegtenis geneem ná ‘n motor vroeër vandag by die lughawe gesteel is.
Tydens die jaagtog wat gelei het tot die verdagte se inhegtenisname in die Kaaimanspas, het die polisie ‘n seun (11), ook van Thembalethu, in die motor aangetref.
Die verdagte staan tereg op aanklagte van die besit van vemoedelike gesteelde eiendom/ diefstal van voertuig en roekelose en nalatige bestuur.
Die moontlikheid dat hy met ‘n ander misdaad verbind word, word ondersoek.
Forensiese deskundiges sal die motor deursoek vir leidrade en bewyse.
Die verdagte verskyn eerskomende Maandag in die George-landdroshof.
Kolonel Michael Taylor, hoof van Vispol, by die gesteelde voertuig.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'