Update
GEORGE NUUS - Die man van Nigerië, Jude Anthony Onah (33), wat gisteroggend vir die besit van na bewering R5 miljoen se tik inhegtenis geneem is, het vanoggend in die George-landdroshof verskyn.
Die saak is uitgestel tot Vrydag 8 Maart om inligting vir sy borgtogaansoek te bekom.
Hy bly in aanhouding tot dan.
Onah is buite George afgetrek waarna die Outeniqua K-9 honde-eenheid die dwelms onder die enjinkap in sy silver Ford Ranger-bakkie gevind het.
Lees 'n vorige artikel hier: Man arrested for tik worth R5 million
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'