Update
GEORGE NUUS - Al vier memorandums is uiteindelik deur die George-burgemeester geteken, na 'n bedrywige oggend vir betogers van verskeie gemeenskappe in George.
Betogers het na burgemeester Leon van Wyk as hul 'pa' verwys, en gevra dat hy na hulle sal om sien as sy kinders.
Die taxivereniging Codeta, het twee memorandums van hul eie by die hopie gesit. Klagtes oor Rosemoor tehuis vir bejaardes is in 'n aparte memorandum vervat.
Ander kwessies soos die dorp se begroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan, asook seker korrupsiesake, het ook onder die loep gekom.
Betogers het die burgemeester aanvanklik 72-uur kans gegee om terugvoer te gee, maar die tydperk is op mondelingse versoek verkort na minder as 'n dag.
George-burgemeester teken een van vier memorandums voor die siviele departement in Yorkstraat.
Die groep is omstreeks 14:00 vanmiddag vreedsaam uiteen.
Vorige artikels:
- Opvolg: Betogers versterk hul getalle
- Afrikadag-kwessies deel van protestoptog
- Protesaksie wettig, memorandum word afgewag
- Planne in plek vir betoging vandag
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'