Die eenheid is tans op patrollie in George vir die duur van die toernooi en gaan ook tydens vanjaar se Knysna Oesterfees dié dorp veilig hou.
Volgens kapt. Keith Weber het die eenheid in 2008 in Tamboerskloof in die Kaap ontstaan. "Ons het begin met 14 perde en 17 ruiters. Vandag is daar 27 perde, met 27 ruiters.
"Ruiters word in Potchefstroom opgelei vir ‘n periode van sewe weke nadat hulle aan ‘n hele reeks vereistes voldoen het."
Die perde in dié eenheid is tussen agt en 14 jaar oud en die meeste kan tot die ouderdom van 20 of 21 aktief werk.
Weber is oorspronklik van die blitspatrollie-eenheid, maar het in 2008 by die Berede Eenheid aangesluit: "Dit het my ‘n rukkie geneem om gewoond te raak aan die nuwe werksomgewing, maar nou voel dit asof ek my calling gevind het. Dis ‘n wonderlike voorreg om by hierdie eenheid betrokke te wees."
En wat is die publiek se reaksie oor die perde wat gereeld in die strate gewaar word?
"Die mense is mal oor die perde," vertel Weber. "Hulle knoop altyd geselsies met die ruiters aan en streel die perde, die reaksies is altyd positief."
Mense wat belangstel om betrokke te raak by die Kaapse Berede Eenheid is welkom om kapt. Meyer by 021 422 2720 te skakel. "Ons het veral ‘n tekort aan vroulike ruiters en nooi vroue wat reeds ‘n jaar in die polisie werksaam is om ons te kontak."
Artikel en foto's: Tanya Watson
.jpg)
Die Kaapse Berede Eenheid het Dinsdagmiddag die Glenwood-woongebied gepatrolleer. Van links is sers. EV Pietersen, konst. L Gqontshi en sers. A Sinclair.