Maandag (26 Desember) het verbygangers 'n kopbeen in die bosse langs die Schaapkoprivier naby die rioolstasie agter Rosedale gevind en Woensdag het die polisie met die hulp van 'n reddingshond en sy geleier van Kaapstad nog beendere gekry.
'n Vroue sweetpakbroek met geborduurde letters op die regterpyp is ook op die toneel gevind.