GEORGE NUUS - Die afgelope paar weke is gekenmerk deur verskillende bedrywighede in Tuiniqua-versorgingsentrum. Dit het gewissel van vermaak tot ernstige sake.
Aan die ernstige kant was 'n belangwekkende praatjie deur Pieter Koekemoer van die SAPD. Die seniors is opnuut bewus gemaak van gevare rondom hulle, veral omdat hulle as ouer persone meer kwesbaar is as die jongeres en dus ook sagter teikens is.
Dit was belangrik om te verstaan dat veiligheid by jouself begin en wat jy van jou kant kan doen om jouself te beskerm en nie net te verwag dat ander dit vir jou moet doen nie.
Pieter Koekemoer deel belangrike wenke oor veiligheid.
Hoededag
Op die vermaaklikheidsfront was daar die jaarlikse hoededag wat saamgeval het met die maandelikse Koffiepot-kuier. Die Koffiepot is 'n gesellige kuieroggend rondom koffie/tee en koek en tydens die Oktober-geleentheid kon inwoners weer spog met hoede van alle soorte.
Meeste hoede is self gemaak of versier en is maar net weer 'n bewys dat vindingrykheid nie met ouderdom verlore gaan nie.
Frieda Nienaber en Tina Bornman het in die pret van Hoededag gedeel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'