GEORGE NUUS - Die George-blommeklub bied 'n geldinsamelingsgeleentheid aan op Moedersdag, Sondag 7 Mei, wanneer die welbekende blommekunstenaar Marjolijn Malan, bygestaan deur Hanlie Britz, Afrikaanse liedjies deur die Voëlvry-sangers met blommekuns gaan verbeeld.
Dis die ideale geleentheid vir dogters om hul ma's te bederf en saam tee, verversings en demonstrasies te geniet rondom 'n gasvroutafel.
Die kaartjies is R100 per persoon. Daar gaan talle gelukstrekkings en lootjie-artikels wees.
Kaartjies is beskikbaar by Jackie Theron by 083 294 0606 of stuur 'n e-pos na jackie@etime.co.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'