GEORGE SPORTNUUS - Die Outeniqua Plumbing en Ricoh Somerliga vir besigheidspanne by die Outeniqua-rolbalklub het weggespring met twee rondes binne een week toe die spanne mekaar Dinsdag- en Donderdagaand gepak het.
KTV, wat na die eerste ronde die topposisie ingeneem het, is in die twee ronde deur Finovo afgestof en het na die negende plek teruggesak. Daar is egter nog genoeg rondes oor sodat hulle weer die liga-leer kan klim met Finovo wat sal klou aan hulle voorsprong.
Bowling Stones het ook goed gevaar met 'n oorwinning oor Mac Dee Hops en het die tweede plek ingeneem met Talisman, wat vir Bril-jant geklop het, in die derde plek. Twee van die groentjie-spanne, Garden Route en Moore Stevens, het hul staal getoon en is tans onderskeidelik in die vierde en vyfde plek.
Vanaand (Donderdag) pak die spanne mekaar in die derde ronde en die verwagting is dat die spanne weer heelwat gaan skommel.
Die wedstryde begin om 18:00 op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon.
Die klublede stel ligte etes beskikbaar en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Span Butz & Gutz saam met Daan du Toit (derde van links) van Halfway Toyota wat die span al vir 'n hele paar toernooie borg. Die spanlede wat in die derde plek weggespring het, is van links: Kobus van Wyk, Jaques Forster, Danie Liversage en Tiaan Lategan.
Uitslae:
1 Finovo 25; 2 Bowling Stones 24; 3 Talisman 23; 4 Garden Route 33; 5 Moore Stevens 23; 6 Butz & Gutz 23; 7 Boksombende 23; 8 Kommaweer Stoffeerders 21; 9 KTV 19; 10 Spares Squad 17; 11 Ricoh 17; 12 Chanel doggy Parlour 17; 13 Coastal Relax 16; 14 Meyerkon 16; 15 Golden Girls 15; 16 Bril-jant 15; 17 Incredibowls 15; 18 Mac Dee Hops 14; 19 Outeniqua Woods 14; 20 Ricoh Sales 13; 21 4 Musketeers 12; 22 Bowlistics 11; 23 Tyres en Treads 10; 24 Just Property 10; 25 Biopolar Plumbing 9; 26 Carpet King 8; 27 Bearing Warehouse 8; 28 King Earls 7.
Die span van KTV wat eerste uit die blokke was, maar in die tweede ronde gegly en hard geval het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'