GEORGE NUUS - Annelize Dyssel moes vanoggend suikerwater drink ná 'n bakkie deur haar sitkamer in Crystalweg, in Golden Valley, Blanco gery het.
Volgens inligting het die bestuurder van die bakkie beheer oor die voertuig verloor toe die remme op 'n afdraend ingegee het.
Die ongeluk het omstreeks 08:30 plaasgevind.
Net Dyssel en haar jaaroue kleinkind, Dukaywin Dyssel (1) was ten tye van die voorval tuis.
Niemand is in die ongeluk beseer nie, maar van haar meubels is sleg beskadig.
Die bakkie word na wat verneem word vir bouwerk in die omgewing gebruik.
"Ek het nog altyd gewag vir so iets om te gebeur, want daar is 'n styl afdraend na ons huis," het Dyssel gesê.
Die polisie, brandweer en verkeersdienste is steeds op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'