Gallery Update
GEORGE NUUS - Die VGK-kerk in Rosemoor was Saterdag stampvol tydens die Jordaan-egpaar se begrafnis. Ivin (42) en Yolande (40) het verlede Saterdagaand tragies in ‘n motorongeluk net ‘n paar kilometer van hul huis dood verongeluk.
Die egpaar se enisgste kind, Yoline Jordaan (21), verskeie famielede, vriende en kollegas was onder die roubeklaers.
Die diens is waargeneem deur eerw. Frederick Lourens van die United Congregational Church waarvan die egpaar lidmate was. Ivin was ‘n werknemer van die departement korrektiewe dienste. Van sy kollegas het ‘n erewag buite die kerk gevorm toe die oorledenes se kiste na binne die kerk gedra is.
Klik hier om nog foto's te sien.
Eerw. Lourens het uit Die Bybel uit Lukas 8 van vers 22 tot 25 voorgelees. Die opskrif is: “Jesus maak die storm stil.”
Volgens Lourens vra ‘n storm nie toestemming voor hy kom nie. Hy het aanwesiges getroos en benadruk dat die Here maak ‘n pad waar daar nie een is nie.
Storms kan in verskillende vorms kom soos byvoorbeeld die hartseer van ‘n geliefde wat deur die dood weggeneem word. Die Stormstilmaker (Jesus) is vandag nog steeds beskikbaar. “Jesus verras steeds en maak storms stil.”
Lede van korrektiewe dienste het Saterdag 'm erewag gevorm tydens die begrafnis van Ivin en Yolande Jordaan.
Die kis van Ivin Jordaan word na binne die kerk geneem.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'