ATKV-voorsitter, Pieter J de Wet-Oppenheimer, het verduidelik dat dié kultuurorganisasie daarop toegespits is om 'n bydrae te lewer tot die bevordering van Afrikaans, onderwys, kultuur en gemeenskapsbevordering. Die Outeniquatak is tans een van die sterkste wat lidmaatskap betref en byeenkomste word goed bygewoon.
'n Gepaste openingspreek is deur die bekende George-dominee Michiel Burger, gelewer. Hy het uit 1 Korintiërs 13 aangehaal wat naasteliefde beteken.
Sy boodskap sowel as die optrede van die gevierde ATKV-wenner die sangeres, Petronel Baard het 'n emosionele koord geraak. Sy het 'n gevoelvolle verwerking van die Kerslied gesing.
Afgesien van die onderwysers is daar aan ds. Burger sowel as aan die plaaslike joernalis Robert Hopkin, eervolle vermeldingssertifikate oorhandig vir hul bydrae tot gemeenskapsbevordering.
Die onderwysers wat sertifikate ontvang het was:
Susan Swart - Laerskool Outeniqua, Gerhard Haupt - Die Bult, Barbara Albertyn - Laerskool George-Suid, Sas du Plessis en Hannelie du Preez van Laerskool Blanco, Abraham "AD" Roux van George Voorbereiding, Allistair Brinkhuys - St Paul's Primêr, Bernard Schoeman - Diepkloof Primêr, Estelle Nel - Laerskool Hoekwil, Corné Strydom - Laerskool Hartenbos, René Esterhuizen - Hoërskool PW Botha, Annaretha Louw – Hoërskool Outeniqua, Lenette Ottervanger - Van Kervel Skool, Tinie Gericke - Laerskool Denneoord, Karools Hauptfleisch - Carpe Diem Skool, Wilbur Pedro – Laerskool Hibernia en Lionel Muller van Rosemore Laerskool.
Na afloop van die oorhandigings is daar met 'n heerlike vingerete op die stoep saam gekuier.

Op Wêreld Onderwysersdag het ATKV Outeniquatak onderwysers aan die Tuinroete vereer en sertifikate van erkenning oorhandig tydens 'n geselligheid by Down to Earth Restaurant op Heroldsbaai. Foto's: Pauline Lourens
ARTIKEL: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'