GEORGE NUUS - Amesa, die vereniging vir wiskunde-opleiding in Suid-Afrika, se George-tak het onlangs hul jaarlikse wiskunde-pretdag gehou.
Ongeveer 300 leerders van die drie onderrigfases het by verskillende skole vergader vir die aktiwiteite.
Skole wat deelgeneem het, was:
- George Voorbereidingskool,
- Laerskool Outeniqua,
- Laerskool George-Suid,
- Glenwood House,
- Laerskool Blanco,
- Laerskool Denneoord,
- Pacaltsdorp Primêr,
- Laerskool Sedgefield,
- Delville Park en
- Laerskool Hoekwil.
Konsentrasie en samewerking was aan die orde van die dag.
"n Tangram-uitdaging was een van die aktiwiteite wat aangebied is.
Wiskunde behels nie net somme op papier nie - dit kan drie-dimensioneel ook wees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'