GEORGE NUUS - Die George Alzheimer-ondersteuningsgroep hou 'n maandelikse vergadering waar hulp en ondersteuning gebied word aan mense wat hulp in hierdie verband nodig het.
Die groep bestaan uit mense met eerstehandse kennis en ervaring, professionele versorgers en mense wat aktief besig is om geliefdes te versorg.
Vrae waarmee jy te doen kry, word bespreek en bewese raad en ervarings word gedeel.
'n Paar simptome van Alzheimer se siekte is:
- Om goed gereeld te verlê en dan ander te beskuldig dat hulle dit geneem het.
- Sukkel om bekende take te verrig
- Name en afsprake vergeet en dit eers later onthou.
- Staatmaak op onthou notas om goed te onthou.
- Baie vreemd optree.
Toegang is gratis.
Vir meer inligting, kontak Johan by 082 895 7023.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'