Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Glans wat drup soos heuning. Dít was die tema van die agste Kwagga-langtafel, 'n spoggeleentheid wat vanjaar deel vorm van Hoërskool Outeniqua se Eeufeesviering.
Gaste het in elegante aandrokke, strikdasse en maskers die geleentheid Vrydagaand, 5 Mei, by die Outeniqua-vervoermuseum bygewoon. Soos gewoonlik het plaaslike sakelui die aand goed ondersteun en ouers het heerlik gekuier in hul mooiste drag.
Hierdie immergewilde geselligheid het 750 gaste getrakteer met eetgoed uit die boonste rakke en musikale vermaak van Hoërskool Outeniqua se jazzorkes en Frankie and The Misfits, 'n jazz en swing-orkes van Gqeberha.
Die hoofborg van die geleentheid is The Grocery Express. Gelukstrekkings en 'n veiling is ten bate van die skool se Eeufeessentrum gehou.
FOTOGALERY: 8ste Kwagga-Langtafel 'n goue geleentheid
Skoolhoof Chris Vorster het die ouers, onderwysers en amptelike borge vir hul ondersteuning bedank.
Kyk wie's hier! Nadia van der Merwe, Shani Terblanche, Michelle Theron, Christine Keller, Benita du Toit, Beatrice en Conrad Brooks en Christa van der Merwe.
Annalie van Dolderen lyk geheimsinnig met haar vereboa. Agter is Paul en Ronel Thiart, Roelof van Dolderen, Christine Maree, Miemie Cronjé en Leana Wentzel.
Die 92-jarige Issie Pyper sien nog kans vir 'n lekker kuiergeleentheid! Saam met haar is Lelani Möller (links), 'n grafiese ontwerper van Group Editors, en Rosemary van Zyl. Pyper het die aand bygewoon as 'n gas van die hoofborg, Grocery Express.
Glans wat drup soos heuning vir Hoërskool Outeniqua se Eeufees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’